1. Die geskiedenis van @apk.co.za Reeds in 1997 het die Sinode ‘n opdrag aan die Publikasiekommissie gegee om ondersoek in te stel na die verbetering van kommunikasie binne die AP kerkverband. Dit moes ‘n kanaal wees waartoe slegs die onderskeie gemeentes of leraars toegang het. Die gemeentes moet aangemoedig word om aan hierdie wyse van kommunikasie deel te neem aangesien dit heelwat kostebesparings kan te weeg bring. Daar is ook gevra dat daar ondersoek gedoen moet word na die moontlikheid om preke op die internet te plaas. Hierna is die internet komitee gestig wat met die ondersoek begin het. In 2004 het die Sinode besluit om dit aan die Sentrale Kerkekommissie (SKK) op te dra om die webblad te ontwikkel sodat aandag gegee kan word aan bediening van lidmate in die buiteland. Die webblad het intussen verskyn, adresse is vir leraars en gemeentes geskep en daar is begin om langs die weg vanuit die kerkkantoor te kommunikeer. Artikels en lektuur is beskikbaar wat onder andere sal help om bediening in die buiteland te ontwikkel. 2. Vir wie is @apk.co.za @apk.co.za is vir alle AP Kerk gemeentes, predikante en emeriti leraars wat tans in die AP kerkverband tuis is. 3. Die pad vorentoe. Daar word beplan om binnekort die publikasies van Lig in Duisternis Uitgewers ook op die amptelike webblad van die AP Kerk te adverteer. Bestellings kan dan direk op die blad geplaas word om interne kommunikasie verder te verbeter. Verder beplan ons ook 'n e-Rugsteun! diens, wat dit vir elke gemeente en predikant moontlik sal maak om hulle belangrike data na die internet te rugsteun. Ons wil dit ook in die toekoms vir u argief kommissie moontlik maak om alle argief dokumente elektronies op die webblad in te dien. |