Tuisblad Wat bied @apk.co.za Het u al 'n @apk.co.za e-posadres?
Het u al 'n @apk.co.za e-posadres? PDF Afdruk E-pos

Besit u of u gemeente tans ’n e-posadres wat deur een van die internet diensverskaffers aan u verskaf word? Of besit u dalk ’n gratis e-posadres wat deur een van die gratis diensverskaffers verskaf word?

@apk.co.za wil u graag bekend stel aan ons e-posadres diens. Hierdie diens word gratis verskaf aan elkeen wat kwalifiseer vir hierdie diens.

Moes u al u e-posadres aan ’n gemeentelid of ’n instansie verskaf en dan verleë staan omdat u e-posadres een van die algemene e-posadresse was? @apk.co.za maak dit nou vir u moontlik om ’n meer professionele beeld na buite te dra deur aan u ’n amptelike e-posadres te verskaf. Hierdie e-posadres gee u ’n professionele beeld deur aan u ’n adres te verskaf wat eindig met @apk.co.za. Met hierdie e-posadres toon u dat u van die AP Kerk is, en sodoende u onderskei van die algemene gebruikers wat gebruik maak van die e-posadresse wat verskaf word deur die internet diensverskaffers.

1. Kwalifiseer ek/ons vir ’n @apk.co.za e-posadres.

Om te kwalifiseer vir hierdie diens moet u ten minste op een van die volgende vra kan JA antwoord:

  • Ek is tans ’n leraar of Emeriti leraar in die AP Kerkverband.
  • Ek is tans die Skriba van ’n AP Kerk in die AP Kerkverband.
  • Ek doen namens ons AP Kerk gemeente aansoek vir ’n @apk.co.za e-posadres.

Indien u ten minste op een van die vra kon JA antwoord kwalifiseer u of u gemeente vir ’n @apk.co.za e-posadres.

2. Wat bied ’n @apk.co.za e-posadres my/ons?

U @apk.co.za e-posadres kan u die volgende bied:

  • ’n @apk.co.za maak dit vir u moontlik om te registreer vir ’n Gebruikersnaam en wagwoord op hierdie bladsy. U het ’n @apk.co.za e-posadres nodig om te registreer vir een van die ander dienste wat @apk.co.za u kan bied.
  • Alle @apk.co.za e-posadresse het geen beperking op die grote of hoeveelheid e-pos wat gestuur en ontvang word nie.
  • Hierdie e-posadres maak dit vir u moontlik om alle korrespondensie vanaf die Sentrale Kerkkantoor via e-pos te ontvang.
  • U @apk.co.za e-posadres sal lewendig bly vir solank as wat u in die AP kerkverband tuis is. Verby is die dae wat u elke nou en dan wanneer u e-posadres verander, moet seker maak dat almal u nuwe e-posadres het.
  • Ons by @apk.co.za neem alle gemorspos of die sogenaamde SPAM baie ernstig op. Daarom doen ons alles in ons vermoeë om alle e-posadresse te beskerm, deur gebruik te maak van net die beste gemorspos filter programme.

3. Hoe doen ek/ons aansoek?

Indien u graag vir hierdie diens wil aansoek doen, en u as leraar of u gemeente kwalifiseer vir hierdie diens, kan u op een van die volgende maniere aansoek doen:

1. Laai asb. die onderstaande lêer af, vul dit in en stuur die lêer per e-pos aan Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien .

2. Laai asb. die onderstaande lêer af, vul dit in, druk dit uit en faks dit na 086 650 4122.

@apk.co.za e-posadres aansoekvorm

Ons vertrou dat u en u gemeente hierdie diens met vrug in u gemeente kan gebruik.

Terme en voorwaardes geld.