e - Faks! PDF Afdruk E-pos

Was u faksmasjien onlangs die slagoffer van weerlig? Of sukkel u in die omgewing waar u woon met tellefoonlyne? Dan is e – Faks! definitief vir u!

@apk.co.za stel bekend e – Faks! .

e – Faks! maak dit vir u en u gemeente moontlik om fakse te ontvang vanaf enige plek in Suid Afrika! Al wat u nodig het is ’n @apk.co.za e-posadres.

1. Wat is e- Faks!

e – Faks! is ’n elektroniese web - faks diens wat dit vir u moontlik maak om fakse na u e-posadres te ontvang. Maar dit is nie waar e –Faks! stop nie! Dit is nou ook moontlik om ’n faks te stuur deur gebruik te maak van u e-posadres.

e – Faks! is altyd aan diens, maak nie saak hoe die weersomstandighede lyk nie, wat die tyd van die dag is en of daar genoeg papier in die faksmasjien is nie. Met e-faks! is u nommer ook nooit beset nie.

2. Hoe werk e – Faks!

Hoe werk die e-Faks! diens?

Faks na e-pos

Ontvang en stoor al u fakse in elektronies formaat deur gebruik te maak van e – Faks! . Spaar op papier, ink en die lynkoste van ’n ekstra tellefoonlyn.

Wanneer u sou aansoek doen vir hierdie diens sal e –faks! aan u ’n private nommer toeken. Wanneer ’n faks aan u gestuur word op hierdie private nommer sal ons daardie faks aan u e – pos. Daar is 3 pakkette waarvan u kan kies nl. :

1. Gratis e – Faks!

U Betaal niks! Dit is ’n diens wat ons aan u bied die voorwaarde is dat u ten minste een keer in 60 dae 'n faks op u nommer moet ontvang.
U Betaal niks wanneer u ’n faks ontvang nie, maar die persoon wat aan u die faks stuur betaal R 2.02 per minute. Die nommer (’n 086 xxxxxxxxx) wat aan u toegeken sal word kan slegs geskakel word vanaf ’n Telkom lyn. GEEN internasionale fakse en GEEN fakse wat vanaf ’n selfoon netwerk gestuur is sal aan u per e-pos gestuur word nie. Met hierdie diens word al u Fakse vir 5 kalenderdae gestoor.

 

2. e- Faks! Plus

e - Faks! Plus is ’n opsionele maandelikse subskripsie diens. e – Faks! Plus maak dit moontlik vir u om internasionale fakse te ontvang op ‘n 086 xxxxxxxxxx nommer. Verder verleng dit ook die aantal kalenderdae wat e-Faks! u fakse op albei die ander pakkette stoor. e – Faks! Plus stoor u fakse vir 90 Kalenderdae.

 

3. Plaaslike e – Faks!

Met hierdie diens word aan u ’n Faks nommer toegeken met die Johannesburgse skakel kode. U nommer sal dus begin met 011 XXXXXXXX. Hierdie nommer kan deur enige iemand en vanaf enige plek in die wêreld geskakel word. Met hierdie diens betaal u ’n jaarlikse fooi wat 1200 fakse(nie bladsye nie) insluit. Die persoon wat aan u ’n faks sal stuur gaan ook normale Telkom tariewe betaal. Al u fakse sal ook vir 5 kalenderdae gestoor word.

e-pos na Faks

Dit is alles goed en wel as ek ’n faks kan ontvang. Maar wat moet ek doen as ek ’n faks wil stuur?

Om ’n faks te stuur is werklik maklik. U stuur ons ’n e-pos met die faks wat u wil stuur aangeheg en ons sal hom vir u stuur teen ’n minimale koste.

3. Wat is die kostes verbonde aan e – Faks!

Faks na e-pos

Aangesien daar 3 verskillende pakkette is om van te kies, wanneer u aansoek doen om fakse per e-pos te ontvang lys ons die kostes per pakket:

Gratis e – Faks!

Hierdie is ’n gratis 086 nommer wat aan u toegeken word. Die persoon wat aan u ’n faks stuur betaal R 2.02 per minuut

Plaaslike e - Faks!

Hierdie is jaarlikse subskripsie diens. Die jaarlikse fooi is R 627 waarmee u 1200 fakse kan ontvang. Ekstra fakse kan teen R 50 per 100 aangekoop word. Die persoon wat aan u fakse stuur betaal egter normale Telkom Tariewe.

e – Faks! Plus

U kan vir R20 per maand vir hierdie subskripsie diens inteken.

e-pos na Faks

Met hierdie diens stuur u ons ’n e-pos en ons lewer hom as ’n faks enige plek in die wêreld af.

Om Fakse vanaf u e-posadres te stuur sal u die volgende per minute kos:

Omskrywing

Koste per minute

Indien u ’n Faks vanaf u e-posadres stuur wat binne ’n 50km radius vanaf Kaapstad, Durban, Port Elizabeth, Pretoria en Rosebank – Johannesburg is.

R 0.87

Wanneer u fakse vanaf u e-posadres stuur wat buite die radius val soos hierbo uiteengesit, maar binne die grense van Suid Afrika is en nie na Sellulêre en spesiale nommers is nie.

R 1.20

Die Stuur van Fakse na Sellulêre en spesiale nommers.

R 2.73

Die stuur van buitelandse fakse

Word bepaal deur internasionale tariewe

  • · Die minimum tarief is een minuut, daarna word die koste per sekonde uitgewerk.
  • · U betaal dus slegs vir die tyd wat dit neem om die faks te stuur.
  • · U betaal ook slegs vir die fakse wat suksesvol gestuur is en nie vir elke probeerslag nie.
  • · Indien ’n Faks suksesvol afgelewer is word aan u ’n gratis aflewerings strokie gestuur.

4. Wat moet ek hê om van die diens gebruik te maak?

Om vir e – Faks! te kwalifiseer moet u oor die volgende beskik:

  • · ’n @apk.co.za e-posadres. Indien u nog nie ’n @apk.co.za e-posadres het nie moet u asb. eers hier aansoek doen vir ’n @apk.co.za e-posadres.
  • · reeds as ’n gebruik van hierdie webbladsy ingeteken wees. Indien u nog nie in geteken het nie kan u hier in teken.
  • · die faks na e-pos diens stuur alle fakse na u @apk.co.za e-posadres in ’n TIFF lêer formaat. Dus het u ’n sagteware program nodig wat hierdie formaat lees. Die Windows XP bedryfstelsel is standaard toegerus om hierdie lêer formaat te kan lees.

5. Ek stel belang...

Indien u nog nie op die webbladsy aan geteken het nie, moet u asb. eers aanteken voordat u na die onderstaande skakel kan gaan.

Indien u nog nie ’n Gebruikersnaam en wagwoord vir hierdie webbladsy het nie, moet u asb. eers hier in teken op die webbladsy.

Om aansoek te doen vir e-faks! moet u die onderstaande vorm aflaai en aan ons stuur soos op die vorm uiteengesit.

e-Faks! aansoekvorm.

Terme en voorwaardes geld.