|
Ek Gebruik Outlook Express |
|
|
|
Vir die meeste van ons is die opstel van 'n e-posadres in Outlook Express nie 'n algemene taak nie. Daarom probeer ons hierdie op die oog af ingewikkelde taak in sewe stappe te verduidelik. Hou asb. die e-pos gereed wat deur die webmeester aan u gestuur is, want daarop is u gebruikersnaam, wagwoord en bedienaars wat u moet gebruik om e-pos te kan ontvang en te stuur. STAP 1  | Maak asb. alle programme wat dalk mag oop wees toe. Maak asb. "Outlook Express" oop. Die program kan u gewoonlik vind onder "Start -> All Programs -> Outlook Express". Wanneer die program klaar oopgemaak het, gaan ons na "Tools" en dan "Accounts". | STAP 2  | Van hier af druk op "add" en dan "Mail" | STAP 3 | Dit sal die "Account setup wizard" oopmaak. In die "Display name" wat gevra word, vul ons die gemeente se naam of indien dit u as predikant se epos adres is vul ons u Titel Noemnaam en van in. 'n Voorbeeld in die geval van die gemeente in Durban sal die "Display Name" AP Kerk Groter Durban heet, want die gemeente naam is Groter Durban. In die geval van 'n predikant sal Ds. Jan Petrus Smit se "Display Name" Ds. Jan Smit heet. Druk "Next" | STAP 4 | In hierdie venster tik ons die e-posadres in soos wat u hom van die webmeester ontvang het. U sal hierdie e-posadres vind onder die hofie "U e-posadres" in die gemelde e-pos vanaf die webmeester. U moet asb. seker maak dat die e-pos adres korrek ingetik is met die punte op die regte plekke. Druk "Next" | STAP 5  | Hierdie venster se inligting sal u vind onder die hofie "Tegniese Inligting" op die e-pos wat u van die webmeester ontvang het. "My incoming mail server" moet "pop3" wees. In die blokkie "Incoming mail server" vul ons die bedienaar se naam in soos dit op die e-pos gegee is onder "Inkomende e-pos bedienaar" In die blokkie "Outgoing mail server" vul ons die bedienaar se naam in soos dit op die e-pos gegee is onder "Uitgaande e-pos bedienaar" Druk "Next" | STAP 6  | Hierdie venster se inligting kan u vind onder die hofie "gebruikersnaam en wagwoord" op die e-pos wat aan u gestuur is deur die webmeester. In die blokkie "Account name" vul ons die gebruikersnaam in soos wat aan u gegee is op die e-pos onder "Gebruikersnaam". In die blokkie "Password" vul ons die wagwoord in soos dit op die e-pos gegee is onder "Wagwoord". By "Remember Password" merk ons die blokkie sodat ons nie elke keer die wagwoord hoef in te tik nie. Druk "Next" | STAP 7 | In hierdie venster druk ons net op "Finish". Die oorspronklike "Internet Accounts " venster sal nog oop wees.
Om e-pos te kan stuur moet ons een verdere verstelling maak, en daarvoor moet u nou in die "Internet Accounts" venster op die "Mail" tab druk. En dubbel druk op die @apk.co.za adres wat u sopas opgestel het. | STAP 8 | In "Properties" venster wat nou oop gemaak het, druk u op die "Servers" tab.
Merk die blokkie langs die sin wat sĂȘ "My server requires Autentication". Die Settings Blokkie langsaan sal nou aktief word. Druk op hom. | STAP 9 | In die outgoing mail server venster wat nou oopmaak, druk ons op die "Log on using" funksie.
Die "Account name" en "Password" velde sal nou aktief raak. In die velde vul u, u gebruikersnaam en wagwoord soos aan u verskaf onderskeidelik in. Die "Log on using secure Password autentication" blokkie moet nie gemerk wees nie.
Druk "OK", en weer "OK" om die "Properties" venster toe te maak. | STAP 10 | Nou druk ons net op "close" Veels geluk! U e-posadres is nou opgestel. Druk asb. op "Send/Recv" of gaan na "Tools -> Send Recieve -> Send Recieve All" om u verwelkomings e-pos te ontvang. | |