|
Vir die meeste van ons is die opstel van 'n e-posadres in "Outlook 2007" nie 'n algemene taak nie. Daarom probeer ons hierdie op die oog af ingewikkelde taak in nege stappe te verduidelik. Hou asb. die e-pos gereed wat deur die webmeester aan u gestuur is, want daarop is u gebruikersnaam, wagwoord en bedienaars wat u moet gebruik om e-pos te kan ontvang en te stuur. STAP 1  | Maak asb. alle programme wat dalk mag oop wees toe. Maak asb. "Outlook 2007" oop. Wanneer die program klaar oopgemaak het, gaan ons na "Tools" en dan selekteer ons "Account Settings...". | STAP 2  | In die venster wat nou oopmaak moet die "Email" Tab gekies wees. Druk op die "New..." funksie. Die "Add new e-mail account" venster sal nou oopmaak. | STAP 3 | In die "Add new e-mail account" Kies ons die eerste opsie nl. "Microsoft Exchange, POP3, IMAP or HTTP". Druk "Next" | STAP 4 | Dit sal die "Auto Account Setup " venster oopmaak. Hier het ons die e-pos nodig wat aan u gestuur is deur die webmeester. In die "Your Name" blokkie vul ons die gemeente se naam in of indien dit u as predikant se e-posadres is vul ons u Titel Noemnaam en Van in. 'n Voorbeeld in die geval van die gemeente in Durban sal die "Your Name" AP Kerk Groter Durban heet, want die gemeente naam is Groter Durban. In die geval van 'n predikant sal Ds. Jan Petrus Smit se "Your Name" Ds. Jan Smit heet. Ons bly in die venster. | STAP 5 | Volgende gaan ons die e-posadres invul soos aan u gestuur deur die webmeester. In die blokkie "E-mail Address" tik ons die e-posadres in soos wat u hom van die webmeester ontvang het. U sal hierdie e-posadres vind onder die hofie "U e-posadres" in die gemelde e-pos vanaf die webmeester. U moet asb. seker maak dat die e-posadres korrek ingetik is met die punte op die regte plekke. Ons bly in die venster. | STAP 6  | Vervolgens word die "Password" gevra. Hierdie inligting sal u vind onder die hofie "gebruikersnaam en wagwoord" op die e-pos wat aan u gestuur is deur die webmeester. In die blokkies "Password" en "Retype Password" vul ons die wagwoord in presies(hoofletters en kleinletters) soos dit op die e-pos gegee is onder "Wagwoord". Wanneer u "Next" gaan druk gaan die program probeer om self die nodige verstellings van ons bedienaar af aan te vra. BAIE BELANGRIK - Die eerste probeerslag gaan nie suksesvol wees nie, om rede die program eers probeer om die verstellings via 'n sagteware inkripsie metode die navraag te doen. Hy gaan vir u 'n Uitroepteken gee en dan sĂȘ hy sal nou probeer om dit sonder die inkripsie aan te vra. Druk dan "Next" sodat die program u verstellings vanaf ons bedienaar kan aanvra. Hierdie probeer slag sal suksesvol wees. (Dit neem so minuut of wat.) | STAP 7 | Die program sal u nou gelukwens. U kan nou op "Finish" en dan op "Close" druk. Veels geluk! U e-posadres is nou opgestel. Druk asb. op "Send/Recieve" of gaan na "Tools -> Send Recieve -> Send Recieve All" om u verwelkomings epos te ontvang. | |