Ek Gebruik Outlook 2003 Afdruk E-pos

Vir die meeste van ons is die opstel van 'n e-posadres in "Outlook 2003" nie 'n algemene taak nie.

Daarom probeer ons hierdie op die oog af ingewikkelde taak in nege stappe te verduidelik. Hou asb. die e-pos gereed wat deur die webmeester aan u gestuur is, want daarop is u gebruikersnaam, wagwoord en bedienaars wat u moet gebruik om e-pos te kan ontvang en te stuur.

STAP 1

Stap 1

Maak asb. alle programme wat dalk mag oop wees toe. Maak asb. "Outlook 2003" oop. Wanneer die program klaar oopgemaak het, gaan ons na "Tools" en dan selekteer ons "E-mail Accounts...".

STAP 2

Stap 2 In die venster wat nou oopmaak het ons vier opsies om van te kies.
Ons gaan "Add a new e-mail account" kies.

Kies "Add a new e-mail account" en druk "next"

STAP 3

Stap 3 In die "Server Type" venster wat nou oopmaak is daar vyf opsies om van te kies.
Ons gaan "POP3" kies

Kies "POP3" en druk "Next"

STAP 4

Stap 4 Dit sal die "Internet E-mail Settings(POP3)" venster oopmaak. Hier het ons die e-pos nodig wat aan u gestuur is deur die webmeester.

In die "Your Name" blokkie vul ons die gemeente se naam in of indien dit u as predikant se e-posadres is vul ons u Titel Noemnaam en Van in. 'n Voorbeeld in die geval van die gemeente in Durban sal die "Your Name" AP Kerk Groter Durban heet, want die gemeente naam is Groter Durban. In die geval van 'n predikant sal Ds. Jan Petrus Smit se "Your Name" Ds. Jan Smit heet.

Ons bly in die venster.

STAP 5

Stap 5 Volgende gaan ons die e-posadres invul soos aan u gestuur deur die webmeester.

In die blokkie "E-mail Address" tik ons die e-posadres in soos wat u hom van die webmeester ontvang het. U sal hierdie e-posadres vind onder die hofie "U e-posadres" in die gemelde e-pos vanaf die webmeester. U moet asb. seker maak dat die e-posadres korrek ingetik is met die punte op die regte plekke.

Ons bly in die venster.

STAP 6

Stap 6 Die volgende inligting wat benodig word sal u onder die hofie "Tegniese Inligting" vind op die e-pos wat u van die webmeester ontvang het.

In die regterkant van die venster word die "incoming en outgoing servers" se inligting verlang.

In die blokkie "Incoming mail server (POP3)" vul ons die bedienaar se naam in soos dit op die e-pos gegee is onder "Inkomende e-pos bedienaar"

In die blokkie "Outgoing mail server(SMTP)" vul ons die bedienaar se naam in soos dit op die e-pos gegee is onder "Uitgaande e-pos bedienaar"

Ons bly in die venster.

STAP 7

Stap 7 Vervolgens word die "Logon Information" gevra. Hierdie inligting sal u vind onder die hofie "gebruikersnaam en wagwoord" op die e-pos wat aan u gestuur is deur die webmeester.

In die blokkie "User name" vul ons die gebruikersnaam in soos wat aan u gegee is op die e-pos onder "Gebruikersnaam". Maak asb. seker dat die gebruikersnaam presies dieselfde is as wat u ontvang het op die e-pos vanaf die webmeester

In die blokkie "Password" vul ons die wagwoord in soos dit op die e-pos gegee is onder "Wagwoord".

By "Remember Password" merk ons die blokkie sodat ons nie elke keer die wagwoord hoef in te tik nie.

Maak asb. seker dat die blokkie by "Log on using Secure password Authentication (SPA)" nie gemerk is nie.

Ons bly in hierdie venster.

STAP 8

Stap 8

Net bokant die "Cancel" knoppie sal u 'n knoppie vind wat sê "More Settings..." Druk asb. op daardie knoppie.

Die Internet E-mail Settings venster sal oopmaak.

In daardie venster druk u op die "Outgoing Server" Tab.

Nou sal die venster op die heel eerste lyn sê "My outgoing server requires authentication" met 'n blokkie langsaan. Daardie blokkie moet reg gemerk word. Wanneer die blokkie gemerk is sal die res van die venster leweindag word. Slegs die eerste opsie("Use same settings as my incomming mail server") van al die opsies wat nou lewendig geword het, moet gemerk word.

Nou kan u "OK" druk.

STAP 9

Stap 9 Nou kan ons seker maak dat die e-pos adres wat ons opgestel het korrek werk.
Om dit te doen druk ons op "Test Account Settings"

Die "Test Account Settings" venster sal oopmaak.
Onder die "Tasks" Kolom moet al vyf die opdragte deur 'n groen merkie vergesel word. Die opdragte neem 'n tydjie om te voltooi en sodoende 'n groen regmerk te ontvang.
Wanneer al vyf hulle groen regmerkies, het druk ons in die "Test Account Settings" venster die "close" knoppie.

(Indien daar een van die opdragte is wat nie suksesvol was nie, druk ons "close" en gaan ons na die opskrif wat nie suksesvol was nie)

STAP 10

Stap 10 Nou kan ons in die "E-mail Accounts" venster "Finish" druk. Daar sal 'n gelukwensing venster oopmaak. Hier druk ons net op "Finish"

Veels geluk! U e-posadres is nou opgestel.

Druk asb. op "Send/Recieve" of gaan na "Tools -> Send Recieve -> Send Recieve All" om u verwelkomings epos te ontvang.