Ek Gebruik Outlook 2000/XP Afdruk E-pos
Vir die meeste van ons is die opstel van 'n e-posadres in Outlook 2000 nie 'n algemene taak nie.

Daarom probeer ons hierdie op die oog af ingewikkelde taak in sewe stappe te verduidelik. Hou asb. die e-pos gereed wat deur die webmeester aan u gestuur is, want daarop is u gebruikersnaam, wagwoord en bedienaars wat u moet gebruik om e-pos te kan ontvang en te stuur.

STAP 1

Stap 1

Maak asb. alle programme wat dalk mag oop wees toe. Maak asb. "Outlook 2000" oop. Wanneer die program klaar oopgemaak het, gaan ons na "Tools" en dan "Accounts...".

STAP 2

Stap 2 Van hier af druk ons op "add" en dan "Mail"

STAP 3

Stap 3 Dit sal die "Internet Connection wizard" oopmaak. In die "Display name" wat gevra word, vul ons die gemeente se naam of indien dit u as predikant se epos adres is vul ons u Titel Noemnaam en van in. 'n Voorbeeld in die geval van die gemeente in Durban sal die "Display Name" AP Kerk Groter Durban heet, want die gemeente naam is Groter Durban. In die geval van 'n predikant sal Ds. Jan Petrus Smit se "Display Name" Ds. Jan Smit heet.

Druk "Next"

STAP 4

Stap 4 In hierdie venster tik ons die e-posadres in soos wat u hom van die webmeester ontvang het. U sal hierdie e-posadres vind onder die hofie "U e-posadres is:" in die gemelde e-pos vanaf die webmeester. U moet asb. seker maak dat die e-posadres korrek ingetik is met die punte op die regte plekke.

Druk "Next"

STAP 5

Stap 5 Hierdie venster se inligting sal u vind onder die hofie "Tegniese Inligting" op die e-pos wat u van die webmeester ontvang het.

"My incoming mail server" moet "pop3" wees.

In die blokkie "Incoming mail server" vul ons die bedienaar se naam in soos dit op die e-pos gegee is onder "Inkomende e-pos bedienaar"

In die blokkie "Outgoing mail server" vul ons die bedienaar se naam in soos dit op die e-pos gegee is onder "Uitgaande e-pos bedienaar"

Druk "Next"

STAP 6

Stap 6 Hierdie venster se inligting kan u vind onder die hofie "gebruikersnaam en wagwoord" op die e-pos wat aan u gestuur is deur die webmeester.

In die blokkie "Account name" vul ons die gebruikersnaam in soos wat aan u gegee is op die e-pos onder "Gebruikersnaam".

In die blokkie "Password" vul ons die wagwoord in soos dit op die e-pos gegee is onder "Wagwoord".

By "Remember Password" merk ons die blokkie sodat ons nie elke keer die wagwoord hoef in te tik nie.

Druk "Next"

STAP 7

Stap 7

Dit mag wees dat die program nou 'n venster sal oopmaak wat vra, watter konneksie u gewoonlik gebruik. Kies die konneksie vanuit die lys en druk "Next" totdat die oorspronklike "Internet Accounts " venster oop is.

Kies nou die e-posadres rekening wat u sopas opgestel het en kies in die regterkantste kolom die "Properties" funksie. Die ".... Properties" venster sal oopmaak. Kies in die venster die "Servers" tab.

Die heel laaste funksie lees "My server requires Autentication" met 'n blokkie langsaan. Daardie blokkie moet nou gemerk word. Die "Settings" knoppie langs hierdie funksie sal nou lewendig raak. Druk op die knoppie.

Die "Outgoing Mail Server" venster wat nou oopmaak vra nou "Logon information". Die heel eerste funksie lees "Use same settings as my incoming mail server" - Slegs hy moet gemerk wees.

Druk "OK"

STAP 8

Stap 8 Die oorspronklike "Internet Accounts " venster sal nou oop wees. Hier druk ons net op "close"

Veels geluk! U e-posadres is nou opgestel.

Druk asb. op "Send/Recv" of gaan na "Tools -> Send Recieve -> Send Recieve All" om u verwelkomings epos te ontvang.